Thursday 28 September 2017

Gevulde sampioene met twee vulsels



Gevulde sampioene met twee vulsels
6 groot bruinsampioene
olyfolie
Kaas-en-blatjang-vulsel...
500 ml (2 k) gerasperde beleë cheddarkaas
125 ml ( ½ k) Mrs Ball’s Blatjang

varsgemaalde swartpeper
1. Breek die sampioene se steeltjies af. Smeer olyfolie met ‘n kwas aan albei kante van die koppe.
2. Meng die kaas en blatjang- gebruik genoeg blatjang om dit ‘n redelike klam mengsel te maak- en geur met swartpeper. Skep dit in die sampioenkoppe en maak seker die koppe is deeglik bedek.
3. Plaas elke sampioen op ‘n stuk aluminiumfoelie, lig die foelie se kante op sodat dit regop staan, maar moet dit nie toedruk nie. Sit dit so op die rooster en braai vir 12-15 minute totdat die sampioene sag is en die kaas gesmelt het.
Vingerskorsie-en Feta vulsel
3 vingerskorsies (jong murgpampoentjies), gewas en skoongesny
2 wiele romerige fetakaas, og gebruik 1 x 100g -rolletjie roomkaas
2 Knoffelhuisies fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
1. Rasper die vingerskorsies en krummel die fetakaas. Meng dit saam die knoffel, sout en peper.
2. Breek die sampioene se steeltjies af. Smeer olyfolie met ‘n kwas aan albei kante van die koppe.Verdeel die mengsel tussen die sampioenkoppe. Plaas elke sampioen op ‘n stuk aluminiumfoelie, lig die foelie se kante op sodat dit regop staan, maar moet dit nie toedruk nie. Sit dit so op die rooster en braai vir 12-15 minute totdat die sampioene sag is en die kaas gesmelt het en die vingerskorsie deurgaar is.