Thursday 28 September 2017

Hawermout-plaatkoekies




Hawermout-plaatkoekies
12 plaatkoekies...
BESTANDDELE
250 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
20 ml suiker
2,5 ml sout
125 ml rou hawermout
2 groot eiers geskei
250 ml laevetmelk
20 ml sonneblom- of kanolaolie
kleefwerende kossproei of olie vir braaipan soos nodig
METODE
1. Meng die koekmeel, bakpoeier, suiker, sout en hawermout en maak 'n holte daarin.
2. Klits die eierwit tot styf maar nie droog nie. Klits die eiergeel, melk en olie saam en giet dit in die holte van die droe bestanddele. Begin van die middel af om die vloeistof en droe bestanddele te meng tot 'n gladde beslag vorm. Vou die eierwit in.
3. Verhit 'n braaipan tot matig warm. Spuit kleefwerende kossproei daarin of verf die bodem van die pan met 'n bietjie olie. Skep 50 ml beslag entjies uitmekaar in die braaipan. Laat ruimte vir die beslag om te versprei en te rys. Bak die plaatkoekies totdat borrels op die oppervlakte vorm en begin breek. Draai dit met 'n eierspaan om en bak die ander kant.