Thursday 28 September 2017

Gevulde-botterskorsie



Gevulde-botterskorsie
Bestanddele
2 gekapte knoffelhuisies
1 gekapte ui
1 pakkie gesnipperde spek
2 botterskorsies, in die lengste deurgesny
750 g tot 1 kg maalvleis
2 teelepels tamatiepuree
1 blik tamatie- en uiemengsel
gerasperde cheddarkaas
sout en peper
Metode
Braai ui en knoffel in 'n bietjie olie.
Voeg spek by en braai verder.
Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
Voeg die tamatie- en uiemengsel en tamatiepuree by.
Geur na smaak.
Kook intussen die botterskorsiehelftes in 'n bietjie soutwater tot sag.
Vul botterskorsies met die vleisvulsel.
Rapser kaas oor.
Bak teen 180 grade, oop, tot bruin.