Thursday 28 September 2017

Patats met hoender



Patats met hoender
Resep Bestanddele
1 e kookolie, plus ekstra vir die patats
4 groot patats
1 e koekmeel
250 ml laevetmelk
½ e korrelmosterd
2 ontvelde, gaar hoenderborsies, in stukkies gesny
1 dragontakkie, fyngekap, plus ekstra vir garnering (Vervang die dragon met enige ander kruie van jou keuse)
50 g babaspinasie

Resep Aanwysings
1.Voorverhit die oond tot 220 °C. Verf ’n bietjie olie oor die patats en plaas dit op ’n bakplaat en bak vir 35 tot 40 minute of tot deurgaar. (’n Mes behoort maklik deur die patats te gaan.)
2.Maak die hoendersous sowat 10 minute voordat die patats gaar behoort te wees. Verhit die olie op medium hitte in ’n klein pannetjie, roer die meel by en kook vir sowat 1 minuut. Verwyder van die hitte en voeg die melk geleidelik by totdat die mengsel mooi glad is. Plaas dit terug op die stoof en bring tot kookpunt terwyl jy heeltyd roer. Laat die sous vir 3 minute prut; voeg die mosterd by en dan die hoender. Laat prut vir 2 tot 3 minute of totdat die hoender kokend is. Roer dan die dragon en spinasie by. Proe vir geur.
3.Haal die patats uit die oond en sny dit in die helfte deur. (Moenie dit heeltemal deursny nie.) Trek die helftes liggies uit mekaar en verdeel die vulsel eweredig tussen die patats. Sit met groen groente of ’n slaai voor.