Thursday 28 September 2017

GEVULDE MURGPAMPOENTJIES



GEVULDE MURGPAMPOENTJIES
6 groot murgpampoentjies
2 sirkels fetakaas
30 ml (2 eetlepels) mascarpone-kaas
15 kappertjiesade (capers), grofgekap
sowat 19 blare vars origanum, gekap
olyfolie (vir bo-oor)
vars gemaalde swartpeper
Cheddar kaas vir bo-oor (gerasper)
METODE:
Halveer murgpampoentjies in die lengte. Plaas in ’n oondbak.
Skraap die sagte deel in die middel van die murgpampoentjies met ’n teelepel uit.
Krummel fetakaas en voeg die mascarpone-kaas, kappertjiesaad en origanum by. Meng goed.
Geur met swartpeper. Moenie sout byvoeg nie - die feta en kappertjiesaad is sout genoeg.
Vul murgpampoentjies met die mengsel, Sprinkel bietjie Cheddar kaas, sprinkel bietjie olyfolie oor en plaas in voorafverhitte oond teen 180 °C vir 20 minute.
Sit nou jou rooster-element aan en rooster tot effens bruin.