Monday 18 September 2017

Bobotierolletjies



Bobotierolletjies
Genoeg vir: sowat 25 rolletjies
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute
...
• 2 dik snye witbrood
• 150 ml melk
• 2 groot uie, gekap
• 15 ml olie en botter
• 3 knoffelhuisies
• 15 ml elk kerriepoeier en masala
• 5 ml borrie
• 10 ml elk komyn en koljander
• 3 naeltjies
• 2 ml peperkorrels
• 5 ml fyn wonderpeper
• 5 ml gedroogde kruie
• 2 lourierblare
• 800 g maalvleis
• 125 ml sultanas
• 100 g amandels, gerooster en grofgekap
• 30 ml elk perske- en tamatieblatjang
• 25 velle deeg vir Chinese rolletjies
• 1 eier, geklits
• olie vir diepbraai

1 Week die brood in die melk. Braai die uie in die olie en botter tot glansend. Voeg die knoffel en speserye by en braai oor matige hitte vir 5 minute. Laat effens afkoel. Voeg dit by die maalvleis saam met die sultanas, neute, brood en blatjang, en meng.

2 Braai die vleismengsel stadig oor matige hitte vir 20 minute. Laat heeltemal afkoel.

3 Skep ’n lepel vol vulsel op elke deegvel en verf die rande met eier; vou toe en rol op. Diepbraai die rolletjies in warm olie tot bros en goudbruin.

(Tuis)