Monday 18 September 2017

Basaarpoeding



Basaarpoeding
Bestanddele:
•2 x 80 g (2 pakkies) rooi jelliepoeier
•2 x 80 g (2 pakkies) groen jelliepoeier
•4 x 250 ml kookwater...
•4 x 250 ml koue water
•6 x 80 g (6 pakkies) geel jelliepoeier
•6 x 250 ml kookwater
•2 x 380 g (2 blikke) ingedampte melk, verkoel
•2 x 385 g (2 blikke) kondensmelk
•2 x 410 g (2 blikke) vrugteslaai of fyn pynappel

Metode:
1.Maak die rooi en groen jellie apart aan met 250 ml kookwater en 250 ml koue water per pakkie. Laat stol dit oornag.
2.Meng die geel jellie met die kookwater en laat dit staan tot dit begin verdik.
3.Klits die ingedampte melk styf en voeg die jellie en kondensmelk by. Vou die vrugte in.
4.Sny die rooi en groen jellie in blokkies en vou dit versigtig in. Hou ʼn paar blokkies vir versiering bo-op. Laat die poeding in die yskas stol.