Monday 18 September 2017

Ongebakte grondboontjieblokkies



Ongebakte grondboontjieblokkies
24 porsies

Bestanddele:
...
Kors
•200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies
•knippie fyn kaneel
•90 g botter, gesmelt

Vulsel
•250 g botter
•250 ml growwe grondboontjiebotter
•625 ml versiersuiker, gesif
•625 ml Rice Krispies

Bolaag
•200 g witsjokolade
•45 ml gladde grondboontjiebotter

Metode:
1.Voer ʼn bak van 30 cm x 20 cm met bakpapier uit.
2.Kors: Maak die koekies fyn en voeg die kaneel en botter by. Druk dit op die bodem van die bak vas.
3.Vulsel: Smelt die botter in ʼn kastrol en roer die grondboontjiebotter by tot gesmelt. Verwyder dit van die hitte.
4.Voeg die versiersuiker by die grondboontjiebottermengsel en meng dit goed.
5.Roer die Rice Krispies by en meng weer goed.
6.Skep dit op die kors en maak dit gelyk bo-op. Verkoel dit 2 uur lank.
7.Bolaag: Smelt die sjokolade in die boonste deel van ʼn dubbelkastrol of in die mikrogolfoond teen 70% krag. Roer die grondboontjiebotter by en meng goed. Skep die bolaag oor die vulsel en laat dit stol.
8.Sny dit in blokkies van ongeveer 3,5 cm x 3,5 cm en bêre in ʼn lugdigte houer in die yskas