Tuesday 29 August 2017

Wildsop met sopkluitjies



Wildsop met sopkluitjies
Bestanddele:
Wildsop
1 kg bene, skenkels en stukkies vleis van ’n wildsbok
500 g beesskenkels of -nek, ontbeen en vleis in blokkies gesny...
85 g spek, in blokkies gesny
3,75 liter water
1 lourierblaar, 1 takkie tiemie, wonderpeperkorrels en 2 kruienaeltjies in ’n sakkie gebind (bouquet garni)
25 ml botter
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
2 wortels, in ringetjies gesny
Sout en peper na smaak
Sopkluitjies
15 ml botter
250 ml kookwater
2 koppies meelblom
2 eiers

Metode:
1. Braai spek oor lae hitte. Voeg die wildsvleis, beesvleis en bene by en braai in die vet tot ligbruin. Voeg water by, bring tot kookpunt en voeg kruiesakkie by. Laat prut tot die vleis sag is.
2. Laat aftreksel afkoel en gooi deur ’n sif. Behou 1,5 liter en vries die res vir latere gebruik.
3. Smelt die botter en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die tamatie by en smoor tot sag. Voeg wortels, aftreksel, sout en peper by en kook tot die wortelringetjies sag is.
4. Terwyl die sop kook, berei die sopkluitjies voor deur 15 ml botter in 250 ml kokende water te smelt en dit met 2 koppies meelblom te meng. Voeg 2 eiers by nadat die mengsel afgekoel het. Die kluitjies kan met tiemie of neutmuskaat gegeur word.
5. Verdik die sop met ’n botter- en koekmeelblom-mengsel.
6. Rol deeg in klein balletjies en voeg by die gaar sop. Maak die kastrol dig toe en stoom kluitjies ongeveer 15 minute.