Tuesday 29 August 2017

Paprikahoender in moutbier en lemoen



Paprikahoender in moutbier en lemoen
Bestanddele:
1 – 1,5 kg hoenderstukke
3 rooiuie, in skywe gesny
2 lemoene in kwarte gesny...
2 rooi soetrissies, wit gedeeltes en sade verwyder en in stukke gesny
1 eetlepel gerookte paprika
’n handvol tiemietakkies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
3 eetlepels olyfolie
1 x 440 ml blik Guiness of enige ander soort moutbier

Metode:
Voer ’n oondroosterpan met foelie en rangskink die rooiuiskywe daarin. Pak die hoenderstukke bo-op en rangskik die soetrissiestukke en die lemoenkwarte tussenin. Sprinkel die paprika bo-oor die hoenderstukke en rangskik die tiemietakkies bo-op. Geur met sout en peper na smaak en bedruip met die olyfolie.

Giet die bier tussen die hoenderstukke deur tot onderin die oondroosterbak. Plaas in ’n voorverhitte oond van 200⁰C en maak vir 45 – 60 minute gaar