Tuesday 29 August 2017

Lamskenkelpot



Lamskenkelpot
Bestanddele:
3 eetlepels olyfolie
3 uie, fyngekap
3 knoffeltoontjies, gekneus en fyngekap...
1 groot wortel, geskraap en in klein blokkies gekap
2 selderystingels, in stukkies gekap
1 rooi brandrissie, fyngekap
4 heel lamskenkels
6 – 8 tiemietakkies
sap en gerasperde skil van 1 lemoen
1 koppie beesvleisaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
1.Verhit die olie in ’n swaarboompot oor matige hitte en braai die uie, wortel en seldery daarin totdat die ui sag en deurskynend is.
2.Voeg die knoffel en brandrissie by en braai vir nog ’n minuut of twee voordat jy die skenkels byvoeg.
3.Laat die skenkel stadig saam met die bestanddele in die pot braai totdat dit van kleur verander en ’n bruinerige sous begin vorm.
4.Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt.
5.Bedek die pot en plaas in ’n voorverhitte oond van 180⁰C vir 1½ tot 2 uur.
6.Skep die skenkels in ’n opdienbak en kook die sous in die kastrol af tot dit ongeveer met die helfte verminder het en giet bo-oor die skenkels. Bedien met pastarys, kapokaartappels of stampmielies