Thursday 31 August 2017

Souttert met kaas en groente



Souttert met kaas en groente - Lewer 10 skywe.
Bestanddele:
Deeg:
150 g koekmeel
2 ml sout
3 ml bakpoeier
75 g botter
50 g gerasperde cheddarkaas
1 eiergeel
40 ml yswater

Vulsel:
80 ml gekrummelde fetakaas
60 ml songedroogde tamaties, in blokkies gesny
8 – 10 swart olywe, ontpit en in skywe gesny
2 – 3 spinasieblare, fyn gekerf, geblansjeer en vog uitgedruk
10 ml paprika
5 ml knoffelpasta
swartpeper na smaak

Bolaag:
250 ml gerasperde cheddarkaas
3 groot eiers
100 ml melk
125 ml room
knippie sout
varsgemaalde swartpeper
10 ml peri-peri-poeier
5 ml mosterdpoeier

Metode:
Voorverhit oond tot 180 ºC.

Deeg:
Sif die droë bestanddele saam in ’n bak.
Vryf die botter in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die gerasperde kaas by. Meng die eiergeel en water. Sny die eiermengsel in die droë bestanddele in totdat die mengsel bind.
Moenie dit te veel meng nie.
Verkoel 15 – 20 minute lank. Hierdie deeg kan ook in ’n voedselverwerker gemaak word.

Vulsel:
Meng al die bestanddele vir die vulsel goed.
Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en voer ’n quiche-pan, 24 cm in deursnee, daarmee uit.
Bestrooi deeg met 100 ml gerasperde kaas.
Bedek met vulsel.

Bolaag:
Klits die eiers, melk, room, geurmiddels en kaas vir die bolaag en giet dit versigtig oor die vulsel.
Bak 25 – 30 minute lank.
Laat afkoel.
Alternatiewe vulsel:
Braai uieringe en knopiesampioene in botter en geur met sout, swartpeper en kruie.
Voeg ’n bietjie room by die mengsel en verdik dit met ’n bietjie koekmeel.