Thursday 31 August 2017

Souttert-blokkies



Souttert-blokkies
Lewer 16 blokkies

Bestanddele
•5 ml macadamia- of kanolaolie...
•½ middelslag-ui, fyngesny
•125 ml gesnyde sampioene

•250 ml gesnyde soetrissie
•80 ml kersietamatiekwarte
•30 ml gesnyde vars pietersielie
•1,25 ml swart- of reënboogpeper
•180 ml hamblokkies
•4 groot eiers
•250 ml laevetmelk
•125 ml gerasperde patats (met pers skil)
•45 ml glutenvrye meel
•180 ml gerasperde kaas

Metode
1.Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn middelslag-oondbak liggies met olie.
2.Vlakbraai die ui, sampioene en soetrissie in 5 ml olie tot sag. Voeg die tamatie, pietersielie, peper en ham daarby.
3.Klits die eiers en melk in ʼn groot mengbak. Roer die patats, meel en groentemengsel daarby.
4.Giet in die oondbak. Sprinkel die gerasperde kaas daaroor. Bedek met die aluminiumfoelie en bak 30 minute. Haal foelie af en bak nog 15-20 minute tot gaar.
5.Sny in ongeveer 16 blokkies en sit warm voor