Tuesday 29 August 2017

Vinnige Hoenderkerrie



Vinnige Hoenderkerrie
Genoeg vir 6

45 ml (3 e) masala-kerriemengsel (of na smaak)
125 ml (½ k) koekmeel...
sout en gemaalde swartpeper
8 hoenderborsies, in repies gesny
15 ml (1 e) olyfolie
2 grootuie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 x 410 g–blikke heel, geskilde tamaties
250 ml (1 k) ongegeurde laevetjogurt
vars koljanderblare
500 ml (2 k) gaar basmatirys

1 Meng 30 ml van die masalapoeier met die koekmeel, sout en swartpeper.
2 Rol die hoenderrepies in die meelmengsel en skud die ergste meel af.
3 Verhit die olyfolie in ’n pan en verbruin die hoender daarin, verwyder en hou eenkant.
4 Soteer die uie en die knoffel in dieselfde olie tot sag en deurskynend.
5 Voeg die tamaties en die res van die masala-poeier by die uiemengsel.
6 Voeg die hoender by en prut vir nog 15 min. of tot die hoendergaar is. Geur met sout en swartpeper.
7 Roer die jogurt en koljanderblare deur en sit met basmati rys voor.