Tuesday, 22 August 2017

Sampioen-en-rys-koek



Sampioen-en-rys-koek
12 porsies

* bietjie olie
* 1 ui, gekap...
* 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
* 2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
* 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
* 375 ml (1½ k) arboriorys
* 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
* 250 ml (1 k) baba-ertjies
* 6 songedroogde tamaties, gekap
* 60 ml (4 e) fyn parmesaan
* sout en peper na smaak
* 4 eiers
* 45 ml (3 e) melk
* 1 hand vol roketblare

Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer ui, kruie en knoffel tot sag. Voeg sampioene by en soteer nog bietjie.
2 Voeg rys en hoenderaftreksel by. Laat prut vir 20 min. oor lae hitte.
3 Verwyder van hitte en roer ertjies, tamaties en kaas by en geur met sout en peper.
4 Voer ronde koekpan met 20 cm-deursnee met bakpapier. Spuit met kossproei. Skep rysmengsel daarin en maak gelyk bo-op.
5 Klits eiers en melk en gooi bo-oor rysmengsel.
6 Plaas in oondpan en bak vir 45 min. of tot gestol in middel.
7 Laat ongeveer 15 min. in koekpan afkoel en keer versigtig uit.
8 Sit louwarm in skywe saam met roketblare voor.

(Vrouekeur)