Tuesday 22 August 2017

SPINASIE-SAMPIOEN MAALVLEISROL



SPINASIE-SAMPIOEN MAALVLEISROL
JY HET NODIG:
VULSEL:
bietjie olie
1 ui gekap...
2.5ml vars knoffel
6 skyfies ham gekap
2.5ml droe gemengde kruie
250g sampioene gesny

MAALVLEIS
1kg maalvleis
2.5ml asyn
1 eier
3/4k vars broodkrummels
2.5ml sout
30ml blatjang
knypie peper
AFRONDING:
7.5ml mosterd
300g spinasie, ontstingel en geblansjeer,
187ml cheddarkaas gerasper,
1 pakkie bacon

SO GEMAAK :
Braai ui en knoffel in olie tot sag, voeg ham by en soteer nog so bietjie. Voeg kruie en sampioene by en soteer tot sampioene sag is, hou eenkant. Meng bestandele vir maalvleis saam, druk maalvleis in reghoek plat op groot stuk foelie.
Smeer mosterd dun op maalvleis.
Plaas spinasieblare op maalvleis.
Skep sampioenmengsel bo-op. Laat ongeveer 3cm reg rondom maalvleis oop.
Sprinkel kaas bo-oor. Rol maalvleis van korste kant af met behulp van foelie op.
Plaas baconrepe bo-oor. Plaas in oondpan.
Moenie met foelie bedek nie, maar verskuif wel met foelie na oondpan. Bak vir ongeveer 60min tot gaar