Tuesday 22 August 2017

Plaatkoekies met spek en heuning



Plaatkoekies met spek en heuning
(sowat 15 plaatkoekies)
115 g (200 ml) koekmeel...
5 ml bakpoeier
knippie sout

3 groot eiers, geskei
140 ml melk
botter om in te braai
250 g Enterprise Streaky Bacon
heuning om te bedien

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiergele en melk saam en voeg die meelmengsel daarby. Klits goed tot glad. Klop die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Smelt ’n klein bietjie botter in ’n pan en skep lepelsvol van die mengsel daarin. Braai aan weerskante bruin. Hou die plaatkoekies warm. Verhit die rooster-element van jou oond. Plaas die spek op ’n bakplaat en rooster tot bros onder die rooster-element. Stapel vier plaatkoekies op elke bord en rangskik sowat drie repe spek bo-op. Sit voor met heuning.