Tuesday 22 August 2017

Mieliemeel-plaatkoekies



Mieliemeel-plaatkoekies
sowat 30 koekies
100 g (200 ml) koekmeel
5 ml bakpoeier
3 ml koeksoda...
1 ml sout
15 ml suiker
75 ml mieliemeel
1 eier, geklits
250 ml karringmelk
100 ml water
30 ml gesmelte botter

Sif meel, bakpoeier, koeksoda, sout en suiker saam. Voeg mieliemeel by en meng goed. Klits eier, karringmelk en water saam. Voeg droë bestanddele by en klits tot glad. Smeer ’n pan met gesmelte botter. Skep eetlepels vol van beslag in die pan en braai alkante vir sowat 2 minute. Sit voor met heuning en botter.