Tuesday 29 August 2017

Dieet-piesangsjokolade-'brownies'



Dieet-piesangsjokolade-'brownies'
LEWER 12 BLOKKE
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
...
80 ml (¹/³ k) kakao
15 ml (1 e) strooisuiker
80 ml (¹/³ k) afgeroomde melk
3 groot piesangs, fyn gedruk
250 ml (1 k) bruinsuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
5 eierwitte
180 ml (¾ k) bruismeel
180 ml (¾ k) hawersemels (oat bran)
15 ml (1 e) versiersuiker of kakao vir bo-oor sif

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n vierkantige pan van 20 cm met margarien of bespuit dit met kossproei.

Voer dit met bakpapier uit en bespuit weer.

1.Meng die kakao en suiker met die melk. Voeg die piesangs, bruinsuiker en vanieljegeursel by.

2.Klits die eierwitte effens met ’n vurk tot skuimerig. Voeg die kakaomengsel by en klits goed.

3.Sif die bruismeel oor, voeg die hawersemels by en meng deur.

4.Skep in die voorbereide pan en bak 30 minute of tot ferm. Laat 10 minute in die pan afkoel, keer uit en sny in blokke.

5.Sif versiersuiker of kakao oor.