Tuesday 29 August 2017

Maalvleispoffertjies



Maalvleispoffertjies
Maak 48

Bestanddele:
...
Maalvleis
bietjie olie
1 ui, fyngekap
1 ml vars gekapte knoffel
400 g maer beesmaalvleis
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) cheddar, fyngerasper

Poffers
250 ml (1 k ) melk
125 ml (½ k) olie
2 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
1 ml Aromat
knypie sout
bietjie paprika vir bo-oor sprinkel

Metode:
Stel oond op 180 °C.
Maalvleis
Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.
Voeg maalvleis by en roer tot gaar.
Voeg kruie, sout en peper by en roer deur.
Verwyder vleismengsel van hitte en roer kaas by. Hou eenkant.

Poffers
Klits melk, olie en eiers
Sif koekmeel, bakpoeier, Aromat en sout
Meng meelmengsel en eiermengsel.
Spuit klein muffinpannetjies met kossproei.
Skep 5 ml (1 t) beslag in elke holte.
Skep ongeveer 5 ml (1 t) van maalvleismengsel bo-op beslag.
Skep weer 5 ml (1 t) beslag bo-op. Sprinkel bietjie paprika oor.
Bak vir 15 minute of tot goudbruin bo-op. Sit louwarm voor.