Tuesday, 22 August 2017

Hardgekookte-eier-en-spektert



Hardgekookte-eier-en-spektert
genoeg vir 4 – 6

Baktyd: Sowat 45 minute – 1 uur
1 vel (400 g) blaardeeg...
15 ml olyfolie
250 g strepiespek (streaky), in klein blokkies gesny
100 g baba-spinasieblare
4 hardgekookte eiers
200 g cheddarkaas, gerasper
3 eiers
250 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
350 g rosa-tamaties
15 ml balsemasyn
15 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n gesmeerde tertbak van sowat 20 cm diep uit met blaardeeg. Verhit olyfolie in pan en braai spek tot bros. Voeg spinasieblare by spek en braai tot sag. Halveer eiers. Sit cheddarkaas onderin uitgevoerde tertbak en skep spek-en-spinasiemengsel bo-op. Rangskik gehalveerde eiers bo-op. Klits eiers en room saam. Geur met sout en peper. Gooi oor inhoud van oondbak. Plaas in oond en bak 45 minute – 1 uur. Maak seker die tert is gestol in die middel. Plaas tamaties in oondbraaibak. Sprinkel asyn en olyfolie oor. Plaas in oond saam met die tert vir die laaste 15 minute. Sit tert voor saam met gebraaide tamaties.