Wednesday 10 May 2017

SKAAPVLEIS-PAMPOENBREDIE



SKAAPVLEIS-PAMPOENBREDIE
  15 ml botter
15 ml olie
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, gekap
10 ml koljander
10 ml komyn
1,5 kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny
250 g sampioene, in kwarte gesny
80 ml druiwe-asyn
3 groot kaneelstokke of stukke kassia
375 ml vleisaftreksel
1 klein botterskorsie, geskil, ontpit en in blokkies gesny
45 ml heuning
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Vars pietersielie, gekap
METODE:
Verhit die botter en olie in ’n swaarboompot en braai die uie, knoffel, koljander en komyn saam oor matige hitte tot die uie gaar is.
Voeg die stowevleis en sampioene by en braai vir ’n paar minute.
Voeg die asyn, kaneel en aftreksel by en verhit tot kookpunt terwyl geroer word.
Bedek en prut oor lae hitte vir ongeveer twee uur.
Voeg die botterskorsieblokkies en heuning by en prut vir ’n verdere 30 minute of tot die vleis en pampoen sag is.
Geur na smaak en sprinkel pietersielie oor.
Sit voor op rys, pap of koeskoes.
Lewer ses porsies.