Thursday 25 May 2017

PANNEKOEK






As ek dink aan basaar dan dink ek aan pannekoek, jaffels en basaar poeding.
Hierdie tyd van die jaar is dan ook een van die lekkerste bederfies pannekoek.
Daardie plein pannekoek kan opgetower word met 'n soet of sout vulsel.
Nou ja kom ons by die resp vir die beslag, ek het sommer so 'n bietjie gegoogle en hierdie resepte gekry, maar as jy 'n lekker resep het sit dit sommer vir ons onder die kommentaar.

'n Boer se Pannekoek - FAILSAFE PANNEKOEK
4 k meel
4 k water
4 eiers
1 t bakpoeier
1 t sout
1 k olie
skeutjie brandewyn ook by die mengsel, voor dit pan toe gaan(optioneel)
Meng alles bymekaar, klits ordentlik. ‘n Soplepel vol in ‘n 25cm pan bak ‘n lekker grootte pannekoek, so teen die setting wat 5 sê op die meeste mense se stowe.
Wenk: Maak die hele resep aan. As jy klaar gebak het, maak toe met glad wrap en sit in yskas. More bak jy verder. Gee net ‘n lekker roer en dalk so blerts water as te dik is. Het myne al vir 2 dae in yskas gehad en flop proof bly hy!

Pannekoek Stropie:
1 koppie suiker, 1 koppie botter, 1 teelepel Caramel essens, 1 eier, Smelt botter en suiker saam, klits eier in, voeg teelepel essens en gooi oor pannekoeke wat opgerol in glasbak is. sit in louwarm oond vir sowat tien minute. Wees gewaarsku. Hierdie is baie soet maar erg verslawend.

Sarie 2016 - Kaneelpannekoek
sowat 10 pannekoeke
• 240 g (430 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 250 ml melk
• 250 ml water
• 12,5 ml suurlemoensap
• 25 ml sonneblomolie, en nog om pannekoeke in te braai
Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Klits eiers tot lig en voeg melk, water, suurlemoensap en olie by. Meng goed. Maak ’n holte in die middel van droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Meng en klits goed tot daar geen klonte is nie. Maak die bak met ’n lap toe en laat staan vir sowat 30 minute. Verhit sonneblomolie in ’n kleefvrye pan. Gooi van die olie af en vee die pan uit met kombuispapier.
Skep met ’n groot lepel van die beslag in pan en wikkel die pan rond sodat die beslag die pan se bodem bedek. Sodra borreltjies bo-op die pannekoek vorm, kan jy die pannekoek omdraai. Plaas ’n groot bord op ’n kastrol met kookwater om die pannekoeke warm te hou. Sit die gebraaide pannekoek op die bord en besprinkel met kaneelsuiker. Sit ’n deksel bo-op die pannekoek en braai die res van die beslag. Rol pannekoek op soos jy dit voorsit.

SJOKOLADE PANNEKOEK KOEK
1 ¼ k (175g) Koekmeel
1 tlp Bakpoeier
4 eetlps (25g) Kakao
½ k (100g) wit suiker
¼ tlp sout
4 ½ eetlps kookolie
2 tlps vanilla extract
1 ½ k (350ml) melk
1 k (230ml) kloproom
4 destlps (30g) versiersuiker
90g sjokolade, gesmelt
Vrugte, vars of blikkies
1. Meng droeë bestanddele
2. Meng die vloeistowwe en meng dan met droeë bestanddele.
3. Sproei ‘n ‘non-stick’ pan en wanneer die pan warm is, skep ¼ k beslag in die pan. Bak todat die rande ferm is.
4. Met ’n spatule flip die pannekoek om en bak aan die ander kant tot gaar.
5. Bak die res en laat al die pannekoek heeltemal afkoel.
6. Klop die room styf met versiersuiker en skep dan tussen die pannekoeklae.
7. Versier met ekstra room bo-op en drizzle gesmelte sjokolade bo-oor.

Mini Pannekoek in Muffin Pannetjies:
1 koppie melk
6 eiers
1 koppie meel
½ teelepel. sout
1 teelepel. vanielje
¼ koppie botter, gesmelt
Metode:
Verhit die oond tot 200 C grade
Meng eerste vyf bestanddele in 'n voed-selverwerker tot 'n gladde mengsel.
Meng die botter nou bietjies gewys by – meng goed deur.
Spuit muffin pannetjies goed met spray en cook.
Vul die pannetjie net net tot onderkant halfpad vol.
Bak vir 15 minute of tot pofferig en goud bruin bo-op.
Die krater (gaatjie) sal vanself vorm.
Vul met vulsel waarvoor jy lus voel
As jy soet vulsel gebruik, versier met gesifte versiersuiker bo-oor.