Thursday 25 May 2017

Hoenderpastei



Hoenderpastei
1 hoender ontbeen (koop sommer 'n gaar hoender)
Hoenderspeserye na smaak
Knippie paprika
Sout en peper...
2 blikkies gemengde groente
1 blikkie hoendersop
1 blikkie sampioensop
1 pakkie sampioene gekerf
1 rolletjie blaardeeg
Kook die hoender tot gaar. Voeg die speserye na smaak by. Voeg die gemengde groente en blikkies sop en sampioene by en laat kook.
Indien dit te souserig is verdik met ‘n bietjie mielieblom – laat lekker deurkook
Gooi in pan, rol blaardeeg uit, voeg bo-op. Verf met ‘n bietjie eier en melk. Bak by 180°C tot bruin.