Tuesday 16 May 2017

Appel-en-vla-tertjies



Appel-en-vla-tertjies
Genoeg vir 6 tertjies
Tyd: 50 minute
BESTANDDELE
...
Maak die vla
Plaas 200 ml melk en 1 gesplitste vanieljepeul in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Hou eenkant.
Vir die tertjies
1 groot eiergeel
30 ml suiker
15 ml koekmeel
1 x 400 g pak blaardeeg
30 ml gesmelte botter
2 appels, klokhuisies verwyder en in skyfies gesny
5 ml fyn kaneel
15 ml bruin suiker
15 ml vars suurlemoensap
versiersuiker om oor te sprinkel
METODE
1. Klits die eiergeel en suiker saam in ’n bak tot dik en romerig. Meng die koekmeel in.
2. Haal die vanieljepeul uit die warm melk en voeg die melk geleidelik by die eiermengsel. Klits aanhoudend tot glad.
3. Giet die mengsel in die kastrol en roer oor matige hitte tot die vla aan die agterkant van ’n houtlepel vaskleef. Hou eenkant.
4. Stel die oond op 180 °C. Rol die deeg uit op ’n werksoppervlak wat liggies met meel bestrooi is en bestryk met die gesmelte botter. Sny sirkels uit om in die 6 holtes van ’n muffinpan te pas.
5. Druk die deegsirkels in die holtes vas en verdeel die vla tussen hulle.
6. Meng die appelskyfies met die kaneel, bruinsuiker en vars suurlemoensap. Verdeel dit tussen die deegholtes.
7. Bak tot die appels sag en die deeg gepof, bros en goudkleurig is, ongeveer 15 minute.
8. Besprinkel met versiersuiker en sit warm voor.