Friday 7 April 2017

GEKLEURDE EIERS



GEKLEURDE EIERS
• hardgekookte eiers (soveel soos wat jy nodig het)
• voedselkleursel
• koue water
• ‘n glas vir elke kleur wat jy gebruik. (groot genoeg om ‘n eier in te dompel)...
• ‘n kombuistang of ‘n paar kombuishandskoene as jy nie jou hande vol kleursel wil hê nie
• ‘n leë eierhouer waarin die gekleurde eiers kan droog word.

So maak jy
1 Kook die eiers vir sowat 6 minute tot hard. Laat dit afkoel. Maak intussen die kleursel aan.
2 Gooi een eetlepel kleursel in ‘n glas en maak die glas vol met net genoeg water om ‘n eier te bedek.
3 Dompel die eiers een vir een in die kleursel. Laat staan vir minstens 5 minute – afhangende hoe donker jy die kleure verkies. Gebruik ‘n kombuistang en haal die eiers versigtig uit die kleursel.
4 Plaas die eiers op die leë eierhouer om droog te word.