Friday 7 April 2017

Aartappelbasis Pizza



Aartappelbasis Pizza
Bestanddele
1 groot aartappel, in dun skywe gesny met skil aan
bietjie olie
tamatiesmeer
hoender- of beesvleisrepies
sampioene
uie
mozarellakaas
pan met 'n deksel
Metode
Voeg die olie in die pan.
Pak die aartappelskywe op die bodem van die pan.
Sit plaat aan en die deksel op, en laat dit stadig gaar word vir 10 minute.
Haal deksel af en smeer die tamatiesmeer bo-oor.
Pak det res van bestanddele bo-op - die kaas heel laaste.
Sit die deksel op en laat die dis verder gaar word vir 10 minute.
Sny dit soos 'n pizza en bedien.
(RSG)