Friday 24 March 2017

Feta-en-tamatie-quiches



Feta-en-tamatie-quiches
Sowat 18 quiches van sowat 3½ cm in deursnee
Baktyd: sowat 30 minute...

Deeg
200 g (360 ml) koekmeel
100 g (110 ml) botter
30 ml koue water


Plaas meel en botter in voedelverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg koue water by en meng tot deeg vorm. Haal uit en maak toe met kleefplastiek. Plaas in yskas vir sowat 30 minute. Rol dun uit op meelbestrooide oppervlak. Voer 18 muffinholtes van sowat 3½ cm in deursnee uit met deeg.

Vulsel
2 ringe fetakaas, fyngekrummel
200 g klein rosa-tamaties, in klein ringetjies gesny
hand vol vars basiliekruidblare, fyngekap
125 ml room
1 eier
varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas van die gekrummelde fetakaas onderin die uitgevoerde muffinholtes. Plaas een skyfie tamatie bo-op. Sit gekapte basiliekruid bo-op tamatie. Klits room en eier saam. Skep met ’n eetlepel van die eier-en-roommengsel bo-op die vulsel. Geur met swartpeper. Plaas in oond en bak sowat 30 minute. Haal uit en laat effe afkoel. Haal versigtig uit pannetjie en laat afkoel tot kamertemperatuur.