Wednesday, 23 November 2016

Vrugtekoekbroodjie





Vrugtekoekbroodjie
Lewer 1 broodjie
Bereiding: sowat 30 minute
Baktyd: 50 minute
...
100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
100 g rooi glanskersies, gekap
100 g vrugtekoekmengsel
50 g versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1∕3k) brandewyn
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1 ¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
versiersuiker vir bo-oor sif

Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier.
1.Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute.
2.Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by.
3.Meng goed en giet in die voorbereide pan.
4.Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom.
5.Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor.