Wednesday, 23 November 2016

Gestopte koeskoeshoender




Gestopte koeskoeshoender
HOENDER
1 groot heel hoender
sout en vars gemaalde swartpeper
ekstra olyfolie...
VULSEL
500 ml (2 k) gaar koeskoes

45 ml (3 e) olyfolie
60 ml (¼ k) rosyntjies
60 ml (¼ k) kasjoeneute, gerooster en grof gekap
60 ml (¼ k) vars koljanderblare, gekap
5 ml (1 t) fyn komyn
sout en vars gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 230 °C.
1.Geur die hoender met sout en peper en smeer met die olyfolie.
2.VULSEL Meng al die bestanddele vir die vulsel; geur met sout en vars gemaalde peper. Stop die buikholte van die hoender stewig met die vulsel; bind die hoender vas met tou.
3.Rooster 15 minute, verlaag die hitte tot 160 °C en oondbraai nog 45-60 minute of tot die hoender gaar en sappig is. Sit voor saam met slaai.