Thursday 21 July 2016

Sanet se ‘Generaal Meer’



Sanet se ‘Generaal Meer’
Sanet se ‘Generaal Meer’ is ’n kruising tussen ons geliefde Hertzoggie en S’more, die Amerikaanse kampvuur-genot van geroosterde malvalekkers en sjokolade tussen twee koekies.

Porsies
12
Bestanddele
Broskors
Malvalekkers
Appelkoospoeier
Appelkoosvulsel
    
Instruksies
Broskors
  1. Meng meel, sout en bakpoeier in ’n voedselverwerker. Voeg botter by en meng tot dit lyk soos fyn broodkrummels. Voeg eier en water by en pols tot die deeg saamkom.
  2. Rol deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny deeg in 6.
  3. Spuit losboompannetjies van 5 cm x 10 cm en voer dit uit met deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Sny rante af.
  4. Voorverhit oond tot 180˚C. Bak die kors blind vir ± 12 minute tot goudbruin en laat afkoel. 

Malvalekkers
  1. Voer ’n 20 x 35 x 3 cm pan uit met bakpapier.
  2. In ’n mengbak van ’n staanmenger, week die gelatien in koue water. Plaas oor dubbelkoker en smelt.
  3. Voeg strooisuiker en kookwater by gelatien en klop op hoë spoed vir 8 minute met draadhak. Vou klapper en appelkoos by en gooi malvalekkermengsel in die voorbereide pan.
  4. Verkoel in yskas tot gestol en sif versiersuiker bo-oor. Sny in langwerpige blokke van 9 cm x 2.5 cm en verbruin die kante met ’n blaasvlam. 

Appelkoospoeier
  1. Plaas gevriesde appelkose in voedselverwerker en maak fyn tot poeier.
Appelkoosvulsel
  1. Kook appelkose, water en suiker in ’n medium-kastrol oor matige hitte tot die appelkose sag is. Laat afkoel vir sowat 30 minute.
  2. Plaas appelkose, suurlemoensap, amandel en room in voedselverwerker en pols tot ’n fyn puree.
Sit aanmekaar
  1. Spuit die appelkoosvulsel in die gebakte tertdoppe met ’n spuitsak.
  2. Plaas die malvalekker-reghoeke bo-op die appelkoosvulsel en giet donkersjokolade bo-oor die S’mores.
  3. Versier met klapperskaafsels, appelkoospoeier en sjokoladeskerwe.