Friday 8 July 2016

Die beste sjokoladebruintjies



Die beste sjokoladebruintjies
Daar is duisende resepte vir sjokoladebruintjies en in ons toetskombuis is al ‘n hele paar beproef, maar dié een staan steeds vir my uit bo enige ander. Onthou dat bruintjies sag en baie klam moet wees in die middel en bros aan die buitekant.
125 ml sagte botter
150 g donker sjokolade, gekap...
3 groot eiers, teen kamertemperatuur

250 ml ligte bruinsuiker
125 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
250 ml koekmeel
250 ml gekapte makadamianeute (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n pan van 20 cm met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verhit die botter en sjokolade saam oor lae hitte tot glad. Klits die eiers en suiker goed saam. Voeg die warm sjokolademengsel in ‘n dun straaltjie by die eiermengsel terwyl geklits word. Voeg die vanieljegeursel by. Sif die meel bo-oor en vou in saam met die neute (as jy dit bysit). Giet in die pan en bak vir ongeveer 30 minute tot daar nog klam krummels aan ‘n toetspen vassit as jy dit in die middel van die bruintjies steek. Laat in die pan afkoel en sny in blokkies. Bêre in ‘n lugdigte houer teen kamertemperatuur.
Lewer ongeveer 25 bruintjies.
(Landbou)