Thursday 14 July 2016

Bettie se Mieliemeelpizza



Bettie se Mieliemeelpizza


Bestanddele
250ml mieliemeel
1 blik gekapte tamaties
250g spekvleis
20ml olie
30ml botter
2 uie in dun skywe gesny
30ml bruinsuiker
30ml balsamiese asyn
3 spriete vars tiemie
125g sampioene, gekap
125g mozzarella kaas, gerasper
Vars kersie-tamaties en roketblare vir voorsit

Metode
Voorverhit die oond tot 200°C.  Voer dan ʼn plat bakplaat met bakpapier uit.  Maak dan stywe pap van die mieliemeel volgens die aanwysings op die verpakking.  Skep dan die pap op die gevoerde bakplaat en sprei die pap uit tot 0.5 – 1cm dik.
 Versprei dan die gekapte tamaties oor die mieliemeelbasis.  Braai die spekvleis tot bros en hou eenkant.  Verhit die olie en botter in ʼn pan, voeg dan die uie, suiker en asyn by.  Wanneer die uie gekaramelliseer het, voeg die tiemie by en verwyder van hitte.  Sprinkel dan die uie oor die tamaties, gevolg deur die spekvleis, sampioene en laastens die kaas.  Bak vir 10 minute.  Garneer met vars kersie-tamaties en roketblare