Tuesday 14 June 2016

Winter koesterkos (Steak Goulash)




Winter koesterkos (Steak Goulash)

Bestanddele

1 en 'n halwe kg steak
1 ui, gekap
olie
4 knoffeltoontjies, gekneus
1 brandrissie
1 t paprika
2 eetl bisto
2 eetl vrugte blatjang
2 eetl soetrissie sous
halwe koppie water
Metode
Sny steak in blokkies.
Braai ui, steak en knoffel in olie in groot kastrol.
Voor dit amper bruin is, voeg die brandrissie en paprika by.
Maak 'n sousie van die bisto, blatjang, soetrissie sous en water en voeg by.
Laat dit prut.
Om te voorkom dat die dis droog kook, voeg nog water by soos nodig.
Bedien op aartappels of rys.