Monday 27 June 2016

Tant Pietie se Kits Bruinpoeding



Tant Pietie se Kits Bruinpoeding word só gemaak:
Bestanddele
½ koppie Appelkooskonfyt
2 teelepels (afgeskud) koeksoda
½ koppie botter of margarine
1½ koppie koekmeel
1 teelepel sout
(Ja - dis al - kan jy glo dit is so eenvoudig?)

Metode
Meng die konfyt, koeksoda en botter. Voeg die meel en sout (gesif natuurlik) by en meng. Die beslag sal droog en krummelrig lyk. Skep dit lepelsvol (om effense “bolletjies” te maak) in die stroop wat reeds kook - ons wys jou hieronder hoe om die stroop te maak - ewe maklik!

Maak die stroop só
3 koppies water
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel of gemmer

Laat kook vir ‘n halfuur baie stadig.
Bedien jou kits Bruinpoeding louwarm met vla of roomys (of albei) - baie, baie lekker