Tuesday 14 June 2016

Gideon Lombard se kruisskuif-flambé




Gideon Lombard se kruisskuif-flambé
Gideon Lombard het tydens ’n uitsending van Kampkos smullekker kruisskuif-flambé voorberei. Kry sy resep hier:

Bestanddele
    
Instruksies
  1. Kap die ui en ’n knoffelhuisie of twee fyn en braai dit in ’n bietjie olyfolie op ’n warm platboompan.
  2. Roer die mengsel aanhoudend sodat dit nie brand nie. Voeg die biefstuk by.
  3. Voeg ook die brandewyn by en laat die biefstuk vlamvat.
  4. Seël die biefstuk net aan elke kant vir ’n oomblik en dan haal jy hom af van die vuur af.
  5. Nou meng jy gelyke hoeveelhede mosterd en appelkooskonfyt saam en smeer die biefstuk daarmee ­– ’n kwassie werk lekker.
  6. Sit nou die biefstuk terug op die vuur en voeg die oorblywende sous saam met die uie in die pan – ­ dit sal ’n sousie word.
  7. Voeg ’n bietjie sout en peper by en braai die biefstuk soos jy daarvan hou.