Tara se speserykoekies
Tara het dié heerlike speserykoekies tydens Koekedoor se Kersfees-episode voorberei.
|
Bestanddele
- 350 g meel
- 5 ml koeksoda
- 5 ml neutmuskaat
- 10 ml kaneel
- 100 g botter
- 175 g strooisuiker
- 25 ml gouestroop
- 1 eier
Instruksies
- Verhit die oond tot 180°C.
- Meng die meel, koeksoda, neutmuskaat en kaneel saam in ’n groot mengbak.
- Meng die botter in totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
- Meng die suiker by.
- Meng die stroop en eier saam. Voeg die mengsel by die krummel-mengsel en meng tot ’n stywe deeg.
- Rol die deeg uit en druk uit met ’n koekie-drukker.
- Plaas op ’n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is, en bak vir 15 minute of tot goudbruin.
- Koel af en versier of eet net so.