Wilandi se gemmerkoekies
|
Bestanddele
- 250 g botter
- 180 g bruinsuiker (sagte suiker)
- 2 eiergele
- 240 g gouestroop
- 650 g koekmeel
- 35 ml gemmer (fyn)
- 10 ml gemengde speserye
- 2 ml sout
- 10 ml koeksoda
Instruksies
- Room botter en suiker. Voeg eiergele en gouestroop by en meng. Sif die meel, speserye, sout en koeksoda saam. Voeg droë bestanddele by eiermengsel en meng tot ’n deeg vorm. Knie liggies op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad. Draai in kleefplastiek toe en laat 30 minute rus in die yskas.
- Voorverhit jou oond tot 180°C. Smeer twee of meer bakplate en voer met bakpapier uit. Rol die deeg uit tussen twee velle bakpapier, sowat 4 mm dik. Druk met koekiedrukker uit. Bak 10 minute tot goudbruin. Laat afkoel op die bakplate en versier met harde versiersel of gesmelte sjokolade.