Tara se nagmusiek-kolwyntjies
|
Bestanddele
Kolwyntjies
- 40 g botter
- 140 g strooisuiker
- 100 g meel
- 20 g kakao
- 7,5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 1 eier
- 50 ml Nachtmusik-likeur (kan vervang word met melk)
- 80 ml melk
- 40 g haselneute (opgekap)
Sjokolade-ganache
- 250 ml melk
- 350 g donkersjokolade (opgekap)
- Jel-kleursel (opsioneel)
Roomkaas-versiersel
- 90 g botter (sag)
- 230 g roomkaas
- 550 g versiersuiker (gesif)
- paar druppels suurlemoensap of vanielje-geursel
Instruksies
Kolwyntjies
- Meng suiker en botter saam tot romerig.
- Sif die droë bestanddele saam en meng deur die bottermengsel tot deur gemeng.
- Meng die nat bestandele saam.
- Gooi ¾ van die nat mengsel by die droë mengsel en meng deeglik. Voeg die res van die nat bestanddele by en meng goed.
- Sprinkel die haselneute bo-oor die kolwyntjies en bak teen 180°C vir +/- 15-20 minute.
- Laat die kolwyntjies afkoel op ’n draadrak.
Sjokolade-ganache
- Verhit die room tot dit net kook.
- Gooi die warm room oor die sjokolade in ’n mengbak en klop tot glad.
- Voeg swart jel-kleursel by die mengsel indien verkies.
- Laat staan tot glad en koel.
Roomkaas-versiersel
- Meng die botter en roomkaas saam tot glad.
- Voeg die versiersuiker by en meng goed.
- Voeg die suurlemoensap/vanielje by en meng tot net deur gemeng.
- Plaas die ganache en roomkaas versigtig in dieselfde spuitsak met ’n ronde punt (nommer 2).
- Spuit die versiersel bo-op die kolwyntjies.