Monday, 30 May 2016

Sanet se kaaskoek-kolwyntjies



Sanet se kaaskoek-kolwyntjies
Sanet maak musieknote en die sleutels van bladmusiek uit fondant vir hierdie kolwyntjies.

Porsies
24 kolwyntjies
Bestanddele
Kolwyntjies
Kaaskoek-vulsel
Versiersel
  
Instruksies
Kolwyntjies
  1. Voorverhit oond tot 180°C.
  2. In ’n groot mengbak, klits karringmelk, eiers, asyn, kleursel en olie saam tot gemeng. Voeg suiker by.
  3. Sif meel, koeksoda, kakao en sout saam. Voeg by ander mengsel en klits tot net gemeng.
  4. Voer muffinpan met kolwyntjie-papiertjies en maak ¾ vol.
  5. Bak vir +/- 20 minute en laat afkoel.
  6. Maak ’n gaatjie in kolwyntjie en spuit kaaskoek-vulsel daarin met spuitsak.
  7. Spuit roomkaas-versiersel bo-op en versier met fondant-musieknote en -sleutels of met swart poeierkleursel (Rolkem se Super Black).
Kaaskoek-vulsel
  1. Roer roomkaas en suiker saam.
  2. Voeg kondensmelk en suurlemoen by en klits tot glad.
  3. Klits room styf en vou in by kaasmengsel.
Versiersel
  1. Room botter tot sag.
  2. Voeg roomkaas by en klits tot net gemeng.
  3. Voeg versiersuiker by en klits tot glad.