Sanet se koekies met witsjokoladesplinters en neute
Die Koekedoor Sanet hou van ’n taai koekie. Probeer gerus dié koekies met witsjokoladesplinters.
Bestanddele
- 150 g botter (sag)
- 80 g bruinsuiker (kies sagte suiker)
- 80 g suiker (wit)
- 10 ml vanielje-ekstrak
- 1 eier (groot)
- 225 g koekmeel
- 2,5 ml koeksoda
- knippie sout
- 100 g pekanneute (gekap)
- 100 g witsjokoladesplinters
- 50 g maraschino-kersies (gesny)
Instruksies
- Voorverhit oond tot 170°C en voer 2 bakplate met bakpapier.
- Room botter en suiker met die spaanhegstuk in die bak van ’n staanmenger. Klits dan die eier en vanielje by die bottermengsel in.
- Sif die meel, koeksoda en sout oor die mengsel en meng met houtlepel. Voeg dan die neute, kersies en sjokolade by en meng goed met lepel.
- Skep lepelsvol deeg op bakplaat en bak vir sowat 10 minute tot ligbruin en nog sag binne.
- Laat staan in die bakplaat vir ’n paar minute en plaas dan op afkoelrak.