Tara se koekies met okkerneute
|
Bestanddele
- 1 vanieljepeul
- 230 g botter
- 90 g versiersuiker
- knippie sout
- 1 eierwit
- 70 g okkerneute (fyngemaal)
- 200 ml meel
- 30 ml versiersuiker
Instruksies
- Verhit die oond tot 180°C.
- Sny die vanieljepeul oop en krap die sade uit.
- Meng die vanielje, botter, sout en suiker saam tot lig en romerig.
- Voeg die eierwit by en meng tot die mengsel dik is.
- Sif die meel en meng die okkerneute daardeur.
- Vou die meelmengsel by die botter- en eiermengsel.
- Plaas die deeg in ’n spuitsak met ’n groot sterpunt en spuit op ’n bakplaat met bakpapier.
- Bak vir ongeveer 8-10 minute tot goudbruin.
- Sif die versiersuiker oor die warm koekies en laat afkoel.