Broccoli- en spekslaai
Lynné de Jager, voormalige Mev. Suid-Afrika, het dié heerlike broccoli- en spekslaai in ’n episode van Kampkos voorberei.
|
Bestanddele
- 1 groot kop broccoli (of twee kleintjies)
- 200 g spek
- 80 g strooisuiker
- 100 ml bruin asyn
- 100 ml mayonnaise
- 1 ui
- 200 g Cheddarkaas
- olie (om die spek mee te braai)
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas:
Instruksies
- Kap die ui in blokkies en braai dit saam met spek in ’n pan totdat dit lekker gaar is.
- Sny die broccoli se stingels af, ons gebruik net die koppies.
- Maak die sous deur die asyn, mayonnaise en strooisuiker saam te voeg.
- Voeg die gerasperde Chedddar by die spek- en uiemengsel.