Varktjops met aarbeie
Die sanger en aanbieder Jak de Priester het die Kampkos-span gewys dat varktjops en aarbeie ’n wenkombinasie is.
|
Bestanddele
- 4 varktjops
- sout (na smaak)
- peper (na smaak)
- braaisout (na smaak)
- 200 ml balsamiese asyn
- 500 g vars aarbeie
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: mense
Instruksies
- Braai die varktjops totdat dit gaar is. Maak seker die vleis is nie pienk nie, maar wit en sappig.
- Sny die aarbeie in 3 mm-skywe en week dit in die balsamiese asyn vir ’n uur of wat.
- Sodra die varktjops gaar is, bedien die tjops met die sous en aarbeie bo-op.