Corli se toffieappels
Corli gebruik hierdie resep van Pick n Pay as haar toffieappel-vertroueling. ’n Belangrike wenk is om die kastrol met stroop oor warm water te hou sodat dit nie stol terwyl jy die appels daarin dompel nie.
|
Bestanddele
- 8-10 appels
- 8-10 bamboesstokkies
- 3 e botter (sagte, gesoute botter)
- 2 e water
- 30 ml asyn (wit)
- 60 ml gouestroop
- 2 k suiker (wit)
- 2 t voedselkleursel
Instruksies
- Was 8-10 Granny Smith-appels, droog goed af en verwyder stokkies.
- Steek ’n bamboesstokkie in elke appel, maak ’n bakplaat gereed met bakpapier, asook ’n bak met yswater.
- Sit botter, 2 e water, witasyn, gouestroop en witsuiker in pot, laat prut tot mengsel begin kook. Borsel kristalle van suiker van kante van pot met kwassie en water. Maak toe met ’n deksel en kook vir 1 minuut.
- Verwyder deksel en kook goed en vinnig vir 10 minute of tot mengsel goudbruin verkleur.
- Voeg rooi kleursel by mengsel. Sit pot in bak met warm water om te verhoed dat die mengsel stol.
- Doop appels in mengsel met draaibeweging en doop daarna direk in koue water of sit direk op bakpapier neer om heeltemal te stol.
- Versier na keuse, soos met eetbare kant en harde versiersel.