Martie se toffieappels
Martie gebruik ’n ou familieresep vir haar toffieappels, maar hou ’n suikertermometer byderhand om die suikerkook makliker te maak.
Bestanddele
Instruksies
- Meng al die bestanddele in ’n swaarboom-kastrol. Voeg kleursel by.
- Roer oor matige hitte op stoof totdat al die suiker opgelos is en die mengsel begin kook.
- Hou op roer en laat mengsel kook tot dit 138°C bereik. Haal af van stoofplaat en plaas op kokende water om te voorkom dat dit hard word voordat appels daarin gedoop is.
- Plaas klaar gedoopte appels op gesmeerde bakpapier of silplat tot hard en gestol.
- Versier nou na hartelus.