EIER EN BEETBLARE  
Met ʼn skakelbeampte soos Popeye wat sy   spinasie sommer direk uit die blikkie eet sal alle ander blaargroentes altyd aan die agterspeen   suig. 
Indien jy weer beet koop, moenie die   blare weggooi nie, want selfs Popeye weet dat beetblare lekkerder en meer geurig as spinasie   is. 
Bestanddele
beetblare 
uie 
 
 
 
sonneblomolie 
room  
sout en peper na   smaak 
Voorstelle vir die res van die   dis
roosterbrood 
spek 
geposjeerde eier 
Metode
Probeer om die varste beetblare te kry   en spoel die grond versigtig af. Kook saam met ʼn paar uieskywe vir ongeveer 10 minute in soutwater.   Dreineer en snipper die blare en uie. Plaas dit terug in die leë pot en braai oor lae hitte vir ʼn minuut of wat   in ʼn klein bietjie sonneblomolie. Roer die room versigtig by. 
Aanmekaarslaan van die   dis
Plaas ʼn    paar repies spek op ʼn snytjie roosterbrood met die beetblare bo-op. Maak ʼn nessie in jou beetblare en plaas    ʼn posjeerde eier in die nessie. Eet en geniet en vertel vir Popeye dat beetblare net so smaakvol en gesond soos   spinasie kan wees. Of dalk nog beter.  
