Thursday, 6 August 2015

REGTE EGTE BASAAR KERRIE EN RYS



REGTE EGTE BASAAR KERRIE EN RYS
2 kg Maalvleis
2 na 3 groot aartappels in blokkies gesny (pre-cook vinnig in die mikrogolf tot net so effe sag)
2 groot uie (gek...ap)
2 Wortels (geskil en in blokkies gesny)(opsioneel)
500gr gevriesde gemengde groente (of 1 blikkie kerriegroente en 1 blik gemengde groente (410gr)
1 blokkie beesstert ekstrak (aangemaak in 250ml kookwater)
2 tl sout
2 groot opgehoopte eetl blatjang
2 groot opgehoopte eetl appelkooskonfyt

2 eetl Kerrie (maak minder as jy dit nie so sterk wil he nie)
1 eetl borrie
1 blik tamatie en uie smoor
1 pakkie beesstert soppoeier
1 blokkie wheetbix om mengsel te verdik
Braai uie, kerrie en borrie in bietjie olie tot sag. Voeg appelkooskonfyt , blatjang en maalvleis by en roerbraai tot vleis net af is van pienk
Voeg jou sout, beesstert ekstrak, tamtiesmoor, aartappels en groente by. Laat prut tot alles sag en gaar is.
Maak pakkie beesstertsop aan met bietjie water en voeg by. Laat prut tot dik. Indien nodig, verdik met die blokkie weetbix wat jy inkrummel
Bedien met rys, blatjang en piesang