Thursday 20 August 2015

home made cream cheese



Maryna Charol Gouws
 
My baie, baie maklike home made cream cheese, ek het net bietjie sout en gemaalde swart peper korrels by gevoeg, jy kan kruie if chilli flakes byvoeg of selfs knoffel, net soos jy daarvan hou.

Julle sal nie glo nie, maar jy vat plain jogurt, ek het double greek gevat, dit in die kaas doek gegooi, en dan sit jy dit in n strainer en laat staan vir so 5 ure. As jy n dikker kaas wil he dan laat staan jy dit langer. Ek is nou so begeesterd, ek het sommer nog jogurt gaan koop om nog te maak! Dit proe net soos die winkel s'n!