Thursday 20 August 2015

Super-vinnige skons




Super-vinnige skons
Dit is nie die stewige skons wat ons gewoonlik by koffiewinkels kry nie, maar 'n lekker ligte skon. Geen uitrol of uitdruk nie, jy gooi die beslag sommer in 'n gesmeerde muffinpan.
 BESTANDDELE
 2 koppies meel
 4 teelepels bakpoeier
 ½ teelepel sout
 ¼ koppie kookolie
 1 eier, geklits
 1½ koppie melk en water, gemeng (ek gebruik 1 koppie melk en ½ koppie water)
 METODE
 Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Gooi die kookolie, eier en melk-en-watermengsel by. Roer tot daar geen klonte is nie en gooi in die gesmeerde muffinpan. Bak vir 15 tot 20  minute teen 180°C. Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.